Eredienste

Kom aanbid saam met ons

Eredienstye

Ons het twee eredienste, elke Sondag. Ons het ook eredienste op Goeie Vrydag, Hemelvaartsdag, Kersdag en Ourjaarsaand. Ons moedig ons lede aan om alle eredienste by te woon.

Sondag Oggend

09:30 - 11:00

Ons hoof eredienste met prediking van die Woord en bediening van die sakramente

Sondag Aand

17:00 - 18:30

Aand eredienste met 'n fokus op kategismus en geloofsleer

"O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, en hoe onnaspeurbaar sy weë! Want wie het die gedagtes van die Here geken? Of wie het as sy Raadsman opgetree? Of wie het eers gawes aan Hom gegee, vir wie Hy dit moes vergoed? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom kom die heerlikheid vir ewig toe! Amen."

Romeine 11:33-36

Aanlyn

Ons YouTube kanaal bevat ons vorige eredienste. Die eredienste word ook regstreeks uitgesaai op hierdie kanaal.

Oor ons Eredienste

Wat om te verwag

  • Eerbiedige aanbidding en lofprysing.
  • Skuldbelydenis en genade verkondiging.
  • Prediking van die Evangelie van Jesus Christus.
  • Gebede en danksegging.
  • Bediening van die sakramente.

Praktiese Inligting

  • 'n Kamer vir ma's met jong kinders is beskikbaar.
  • Bybels en psalm- en liedboeke word voorsien.
  • Die eredienste word in Afrikaans gedoen. Ons kom Engelsprekendes so ver moontlik tegemoet.
  • In ons eredienste gebruik ons die 1953 Afrikaanse vertaling van die Bybel. Die 2020 vertaling word op die oomblik nog ge-evalueer.
  • Koffie en tee word voorsien na die eredienste.
  • Alle ouderdomme is welkom in die eredienste.
  • Vir veiligheidsredes sluit ons die hek ongeveer 10 minute na die erediens begin het.
  • Ons het 'n geslote nagmaal tafel.

Ander Vergaderings

Sondagskool

Vir jong kinders na die oggend eredienste

Sondag 11:00 - 12:00

Gebedsaande

Gaan gepaard met preekbesprekings

Mannevereniging

Bybelstudie en gemeenskap

Vrouevereniging

Bybelstudie en gemeenskap

Kategismus

Geloofsonderrig vir jongmense

English Biblestudy

Bible study in English

Ander

Daar is ook verskeie ander geleenthede vir Bybelstudies en sprekersaande

Psalms, Skrifberymings en Liedere

Alles wat ons sing kan in hierdie toep gevind word.

U is Welkom!

Ons verwelkom u graag by enige een van ons eredienste. Of u nou lid is van ons kerkverband, ons susterkekrke of net belangstel om te sien wat ons doen, u is welkom om saam met ons te kom aanbid.

As u vrae het of meer inligting wil hê, kontak ons gerus by +27 83 326 4597.