Geskep in 1561 deur Guido de Bres
In 'n tyd van groot vervolging van Protestantse Kerke is hierdie Belydenisskrif deur Guido de Bres opgestel. Dit was in die jaar 1561 in die Suidelike Nederlande (vandag België). Verskeie Sinodes in die 16de eeu asook die Nasionale Sinode van Dordrecht (1618-1619) het dit as een van die Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke aanvaar.
Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar 'n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.
2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14.
Ons ken Hom deur twee middele: Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos 'n mooi boek waarin alle skepsels, groot en klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê (Rom 1:12). Al die dinge is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem. Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome aan ons bekend en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot sy eer en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort.
Ps. 19:2; Ef. 4:6; 1 Tim. 2:5; Deut. 6:4; Mal. 2:4; 1 Kor. 8:4, 6; 1 Kor. 12; 1 Kor. 1.
Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van 'n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2 Pet 1:21). Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel en Hy self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif.
2 Pet. 1:21; Ps. 102:19; Eks. 17:14; (Deut. 3); Eks. 34:27; Deut. 5:22; Eks. 31:18.
Ons vat die Heilige skrif in twee dele saam: die Ou en die Nuwe Testament. Dit is die kanonieke boeke waarteen niks ingebring kan word nie. Hulle getal in die kerk van God is soos volg: Die boeke van die Ou Testament, nl. die vyf boeke van Moses: Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium; die boeke Josua, Rigters, Rut, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke (genoem Paralipomenon), Esra, Nehemia, Ester, Job, die Psalms van Dawid, drie boeke van Salomo: Spreuke, Prediker en Hooglied; die vier groot profete: Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël; en vervolgens die twaalf klein profete: Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria en Maleagi. Die boeke van die Nuwe Testament, nl.: vier evangeliste: Matteus, Markus, Lukas en Johannes; die Handelinge van die apostels; die veertien briewe van die apostel Paulus: aan die Romeine, twee aan die Korintiërs, aan die Galasiërs, die Efesiërs, die Filippense, die Kolossense, twee aan die Tessalonisense, twee aan Timoteus, aan Titus, Filemon en die Hebreërs; die sewe briewe van die ander apostels: die brief van Jakobus, twee van Petrus, drie van Johannes en die brief van Judas en die Openbaring van die apostel Johannes.
Ons aanvaar al hierdie boeke en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou nie maar veral omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin voorspel is, plaasvind.
Ons onderskei hierdie heilige boeke van die apokriewe boeke: die derde en vierde boek van Esra, die boek van Tobias, Judit, die Wysheid, Jesus Sirag, Barug, die byvoegsel by die geskiedenis van Ester, die Gebed van die drie manne in die vuur, die Geskiedenis van Susanna, die Beeld van Bel en die Draak, die Gebed van Menasse en die twee boeke van die Makkabeërs. Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.
Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie - ja, al was daar ook 'n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is.
2 Tim. 3:17; 1 Pet. 1:11, 12; Spr. 30:6; Gal. 3:15; Op. 22:18; 1 Tim. 1:3; Gal. 1:8,11; 1 Kor. 15:2; Hand. 26:22; Rom. 15:4; Hand. 18:28-29; 1 Pet. 4; Luk. 11:13; 2 Tim. 3:24; 2 Tim. 1:13; Kol. 2:8; Hand. 4:19; Joh. 3:13; 2 Pet. 2:16; Joh. 15:15; 1 Joh. 1:5; Hand. 20:27; 2 Joh. 1; Joh. 4:25; Deut. 12:32; Heb. 8:9; Matt. 15:3; 17:5; Mark. 7:7; Jes. 1:12; Hand. 1:21; Rom. 3:4; Jes. 8:20; 2 Tim. 4:(3); 1 Kor. 1:13; 2:4; 3:11; 1 Pet. 5:12; 2 Tess. 2:2; Ps 12:7; 19:8-9,12; Deut. 4:6; 6:9; Ef. 4:5; Joh. 5; Kol. 1:16,18; 1 Kor. 8:6.
Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in 'n enige God, een enige wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat Hulle nie met mekaar deel nie. Die Vader is die oorsaak, oorsprong en begin van alle sigbare en onsigbare dinge. Die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader. Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag wat van die Vader en die Seun uitgaan.
1 Kor. 1:24; Joh. 1:14; 1 Joh. 1:1; Op. 19:13; Spr. 8:22; Kol. 1:15; Matt. 28:19; 3:16; Joh. 1:14; Miga 5:1.
Ons weet dit alles sowel uit die getuienisse van die Heilige Skrif as uit hulle werkinge, veral uit werkinge wat ons in onsself voel. Die getuienisse van die Heilige Skrif wat ons leer om in hierdie heilige Drie- eenheid te glo, staan op baie plekke in die Ou Testament, en dit is nie nodig om hulle almal op te noem nie. Ons kan hulle onderskeidend en oordeelkundig uitkies: Genesis 1:26 en 27: 'En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis...En God het die mens geskape na sy beeld; man en vrou het Hy hulle geskape'; Genesis 3:22: 'Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons'.
Gen. 5:1; Matt. 3:16; 28:19; Luk. 1:35; Hand. 2:32; 2 Kor. 13:13; 1 Joh. 5:7; Hand. 2:32,33; 1 Pet. 1:12; 1 Joh. 4:13-14; Gal. 4:6; Ef. 3:14,16; Tit. 3:4-6; Jud. :20,21; Rom. (6) 8:9; Hand. 10:38; 8:29,37; Joh. 14:16; 1:33; Spr. 25:27.
Ons glo dat Jesus Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore Seun van God is. Hy is van ewigheid af gebore; Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie, want dan sou Hy 'n skepsel wees; Hy is een wese met die Vader, ewig saam met Hom, die ewebeeld van die Persoon van die Vader, ewig saam met Hom, die heerlikheid (Heb 1:3) en in alles aan Hom gelyk (Fil 2:6).
Joh. 1:18,34,49; 1:14; Kol. 1:15; Heb. 1:3; Matt. 3:17; 17:5; Joh. 8:24; 10:30; 9:36; Hand. 8:34; Jes. 7:14; Rom. 9:5; 1 Tess. 3:11; Fil. 2:11; 2 Kor. 5:19; Hand. 20; Ef. 3:9; Rom. 14; Tit. 2; 1 Kor. 8:6; Heb. 1:1; 3:4; Joh. 1:3; 1 Joh. 5; Joh. 7, 14, 20; Op. 1-6; Joh. 8:58; 17:5; 1 Kor. 10:9; Gal. 4:4; Miga 5:2; Kol. 1:15; Ps. 2:7,12; Heb. 13:8.
Ons glo en bely ook dat die Heilige Gees van ewigheid van die Vader en die Seun uitgaan; dat Hy nie gemaak of geskep of gebore is nie maar van albei slegs uitgaan; dat Hy in orde die derde Persoon van die Drie-eenheid is; dat Hy van een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun is; dat Hy inderdaad ware en ewige God is, soos die Heilige Skrif ons leer.
Gen. 1:1; Heb. 1:3, 11:3; Joh. 1:3; Ps. 33:6; Jer. 32:17; Mal. 2:10; Joh. 1:3; Joh. 16:26; Ps. 104; Amos 4:13; Joh. 14:16,26.
Ons glo dat die Vader, toe Hy dit goedgedink het, deur sy Woord, dit wil sê deur sy Seun, die hemel en die aarde en alle skepsels uit niks geskep het. Hy het aan elke skepsel 'n eie wese, gestalte en voorkoms en onderskeie take gegee om sy skepper te dien. Hy onderhou en regeer hulle almal nou nog deur sy ewige voorsienigheid en oneindige krag om die mens te dien, sodat die mens sy God kan dien; en Hy het ook die engele goed geskep om sy boodskappers te wees en sy uitverkorenes te dien.
Jes. 40:26; Matt: 28:19; 1 Joh. 5:15; Hand. 5:3; 1 Kor. 3:16; 6:11; Rom. 8:9; Kol. 1:16; 1 Tim. 4:3; Heb. 3:4; Op. 4:11; 11:16; Heb. 1:14; Ps. 103:21; 34:8; Joh. 8:44; 2 Pet. 2:4; Luk. 8:31; Matt. 25:41; Hand. 23:8; Matt. 4.
Ons glo dat die goeie God, nadat Hy alle dinge geskep het, dit nie laat vaar of aan die toeval of geluk oorgegee het nie maar dit volgens sy heilige wil so bestuur en regeer dat in hierdie wêreld niks sonder sy beskikking gebeur nie. Tog is God nie die bewerker van die sondes wat gedoen word nie, en Hy dra ook nie die skuld daarvoor nie. Sy mag en goedheid is immers so groot en onbegryplik dat Hy sy werk baie goed en regverdig beskik en uitvoer, selfs al handel die duiwels en goddelose mense onregverdig.
Joh. 5:17; Heb. 1:3; Sp. 16; Ef. 1:11; Jak. 4:13,19; Job 1:21; 2 Kon. 22:20; Hand. 4:28; 2:23; 1 Sam. 2:25; Ps. 115:13; Jes. 45:7; Amos 3:6; Deut. 19:5; Spr. 21:1; Ps. 105:25; Jes. 10:9; 2 Tess. 2:11; Eseg. 14:9; Matt. 10:29; Rom. 1:28; 1 Kon. 11:23; Gen. 45:8; 50:20; 2 Sam. 16:10; Matt. 8:31; 1 Joh. 2:16; Ps. 5:5; 1 Joh. 3:8; Gen. 1:26; Kol. 1:15; 3:10.
Die tweede deel: die verlossing van die mens deur Jesus Christus
Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het; Hy het hom volgens sy beeld en gelykenis gemaak en gevorm, dit wil sê goed, regverdig en heilig, sodat hy met sy wil in alles met die wil van God ooreenstem. Maar toe hy in aansien was, het hy dit nie verstaan nie en sy uitnemendheid nie besef nie. Hy het homself egter, deur na die woord van die duiwel te luister, willens en wetens aan die sonde en daarmee aan die dood en die vervloeking onderwerp.
1 Pet. 2:9; Pred. 12:7; Ps. 8:5; 49:21; Jes. 59:2; Gen. 3:17,19; Pred. 7:30; Rom. 5:12; Joh. 8:7; Ef. 4:24; Rom. 12:2; 3:10; 8:6; Hand. 14:17; Rom. 1:20-21; Hand. 17:27; Ef. 4:18; 5:8; Joh. 1:5; Ps. 37:9; Jes. 26:12; Ps. 94:11; Rom. 8:3; 1 Kon. 20:9; Ps. 28:8; Jes. 45:25; Joh. 3:27; 6:44; (1 Kor. 2:14); 2 Kor. 3:5; Fil. 2:13.
Ons glo dat die erfsonde van Adam op al sy nageslag oorgegaan het – behalwe op Jesus Christus, wat deur die Heilige Gees ontvang is. Die erfsonde is 'n verdorwenheid van die hele menslike natuur, 'n oorerflike gebrek waardeur selfs die kleinste kinders as sondaars voor God veroordeel word. Dit is nie 'n blote navolging nie, maar 'n verdorwenheid van die hele menslike natuur. Dit is genoeg om die hele mensdom tot die ewige dood te veroordeel. God reinig en vergewe die sonde van hulle wat Hy in Christus uitverkies het, nie op grond van hulle verdienste nie, maar uit genade in Jesus Christus.
Ons glo dat God, toe Hy in sy regverdige raad die hele mensdom in die val en verderf laat verval het, Homself as barmhartig en regverdig bewys het: barmhartig deur die wat Hy in Christus uitverkies het, uit die verderf te red; regverdig deur die ander in hulle val en verderf te laat.
Ons glo dat ons goeie God, toe Hy sien dat die mens homself deur die sonde aan die dood oorgegee het, Homself gesoek het na die mens wat, bewend, vir Hom weggekruip het. Hy het hom getroos deur te belowe dat Hy sy Seun sou gee, wat uit 'n vrou gebore sou word, om die slang se kop te vermorsel en die mens weer gelukkig te maak.
Ons bely dat God die belofte wat Hy aan die vaders gemaak het deur die mond van sy heilige profete, vervul het toe Hy sy eniggebore en ewige Seun in die wêreld gestuur het op die tyd wat Hy bepaal het. Die Seun het die gestalte van 'n dienskneg aangeneem en is aan die mense gelyk geword. Hy het die ware menslike natuur aangeneem, met al sy swakhede, maar sonder sonde. Hy is in die liggaam van die geseënde maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees ontvang, sonder die toedoen van 'n man, en het nie alleen die menslike natuur aangeneem nie, maar ook die ware menslike siel, om 'n ware mens te wees.
Ons glo dat deur hierdie menswording die Persoon van die Seun so verenig is met die menslike natuur dat daar nie twee Seuns van God is nie, maar een Seun, God en mens. Die twee nature bly egter onderskeie, sodat die Goddelike natuur altyd ongeskape, sonder begin en oneindig bly, en die menslike natuur sy eienskappe behou: geskape, sterflik, ens. Die eenheid van die Persoon maak dat wat aan die een natuur toekom, aan die hele Persoon toegeskryf word, maar die twee nature bly altyd onderskeie.
Ons glo dat God, wat regverdig is, sy barmhartigheid en geregtigheid in Christus versoen het deur sy Seun as Middelaar te gee om die straf van ons sondes te dra deur sy bittere lyding en dood. God het sy geregtigheid aan sy Seun bewys toe Hy ons sondes op Hom gelê het, en sy goedheid en barmhartigheid aan ons, wat die skuldige was, toe Hy Hom aan die dood oorgegee het vir ons en ons die lewe geskenk het deur Hom.
Ons glo dat Jesus Christus 'n ewige Hoëpriester is, wat Homself vir ons aan die Vader geoffer het. Hy het sy toorn gestil deur sy lyding en dood, en het die straf wat ons moes dra, op Hom geneem. Hy het sy lewe gegee as 'n offer, en het die toorn van God gestil, sodat ons nie meer hoef te vrees nie. Hy het die vloek van die wet op Hom geneem, sodat ons die seën sou ontvang. Hy het gesterf, nie net vir die uitverkorenes nie, maar vir die hele wêreld.
Ons glo dat ons deur die geloof in Jesus Christus geregverdig word voor God, nie op grond van enige verdienste van onsself nie, maar slegs op grond van die verdienste van Christus. Die geloof is 'n geskenk van God, wat ons met Christus verenig en al sy weldade aan ons toereken. Ons glo dat die mens nie deur sy werke geregverdig word nie, maar slegs deur die geloof in Christus, sodat ons altyd kan sê: Slegs Christus, slegs genade, slegs geloof.
Ons glo dat God, wanneer Hy ons regverdig maak, nie op grond van ons werke of verdienste nie, maar uit genade, ons die geregtigheid van Christus toereken. Ons kan nie voor God bestaan op grond van onsself nie, maar slegs in Christus. Ons omhels hierdie weldaad met 'n gelowige hart, en ons rus daarin, sonder om op onsself te vertrou. Daarom verwerp ons alle ander maniere van regverdigmaking, en ons verheerlik God, wat ons so verryk het in Christus.
Die derde deel: die kerk en die sakramente
Ons glo dat hierdie ware geloof in die mens voortgebring word deur die hoor van die Woord van God en deur die werking van die Heilige Gees, dat die geloof hom wedergebore laat word en tot 'n nuwe mens maak, hom 'n nuwe lewe laat lei en hom van die verslawing van die sonde bevry. Daarom is daar geen sprake van dat hierdie regverdigmakende geloof die mens vir 'n vroom en heilige lewe onverskillig sou maak nie; inteendeel, hy sou daarsonder nooit iets uit liefde tot God doen nie, maar slegs uit liefde tot homself en uit vrees vir die verdoemenis.
Rom. 10:17; Joh. 5:26; Ef. 2:4; Joh. 8:36; Tit. 2:12; Joh. 15; Heb. 11:6; 1 Tim. 1:5; Gal. 5:6; Tit. 3:8; Rom. 9:32; Tit. 3:5; Matt. 7:17; Rom. 14:23; Heb. 11:4; Gen. 4:4; 1 Kor. 4:7; Fil. 3:13; Jes. 26:12; Gal. 3:5; 1 Tess. 2:13; Luk. 17:10; Rom. 2:6; Op. 2:13; 2 Joh. :8; Rom. 11:5 (6,7); (Ef. 2:5); Jes. 64:6; 1 Kor. 3:11; Jes. 28:26; Rom. 10:11; Hab.2:4.
Ons glo dat die vervulling van die wet nie in die uiterlike werke alleen bestaan nie, maar dat die mens, wat God van harte liefhet, sy wil in alles doen wat Hy van ons vra. Ons doen dit uit dankbaarheid vir wat God vir ons gedoen het, sonder om daardeur iets te verdien. Ons doen dit ook sodat God deur ons geprys word en ons naaste deur ons goeie voorbeeld tot God aangetrek word.
Ons glo dat ons nie toegang tot God het deur enige ander nie, maar slegs deur die enigste Middelaar en Voorspraak Jesus Christus, wat mens geword het. Hy het Homself aan die kruis geoffer om die toorn van God te stil en om ons met God te versoen. Niemand mag Hom verwerp nie, of 'n ander middelaar soek nie, want daar is geen ander naam onder die hemel gegee waardeur ons salig kan word nie.
Ons glo en bely 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, 'n vergadering van die ware gelowiges wat al hulle saligheid in Jesus Christus verwag, gewas deur sy bloed, geheilig en geregverdig deur die Heilige Gees van God. Hierdie kerk het bestaan vanaf die begin van die wêreld en sal bestaan tot aan die einde, want Christus is 'n ewige Koning wat nie sonder onderdane kan wees nie.
Ons glo dat aangesien hierdie heilige vergadering 'n vergadering is van die ware gelowiges en van die saliges, en dat buite haar geen saligheid is nie, niemand, ongeag wie hy is, homself moet afsonder en alleen moet bly nie, maar dat almal verplig is om by haar aan te sluit en met haar te verenig, die eenheid van die kerk te handhaaf, hulle aan die lering van die evangelie te onderwerp, die sakramente te ontvang, die dienaars te gehoorsaam en die Here te dien.
Ons glo dat ons die ware kerk moet onderskei van valse kerke deur hierdie kenmerke: as die evangelie suiwer verkondig word; as die sakramente volgens Christus se instelling bedien word; as die kerklike tug uitgeoefen word om die sondes te straf. Kortom, as alles volgens die suiwer Woord van God gehandhaaf word, en alles wat daarteen is, verwerp word, en Jesus Christus as die enigste Hoof van die kerk erken word.
Ons glo dat hierdie ware kerk volgens die geestelike ordening wat ons Here in sy Woord geleer het, geregeer moet word. Daarom moet daar dienaars, ouderlinge en diakens wees om die kerk te regeer. Daarom moet ook die sinodes en konsilies bymekaarkom om die eenheid van die kerk te handhaaf en om te sorg dat alles ordelik en eerbaar in die kerk gedoen word.
Ons glo dat die dienaars van God, die ouderlinge en die diakens tot hulle amp geroep moet word en in die naam van God deur die kerk georden moet word. Daarom moet niemand hulle amp oorneem nie, tensy hy wettiglik geroep en georden is. En hierom moet ons die dienaars, ouderlinge en diakens van die kerk in eerbied hou en hulle liefhê ter wille van hulle werk, en hulle moet in vrede met mekaar lewe sonder lastering of twis.
Ons glo dat ons ook sorgvuldig moet onderskei tussen die heilige vergadering en die valse kerke, wat hulle teen die Woord van God verhef en wat Christus as Hoof van die kerk nie erken nie. Almal wat nie by haar aansluit nie, of wat hulle van haar afskei, handel teen die ordening van God.
Ons glo dat ons goeie God, omdat ons swak is en in die vlees lewe, die sakramente ingestel het om ons geloof te bevestig en om ons aan sy beloftes te verbind. Hy het ook aan ons 'n getuienis van sy goeie wil teenoor ons gegee om ons van sy gawes te vergewis. Hy het dit gedoen deur die sakramente wat Hy aan ons gegee het, sodat ons daardeur getroos kan word.
Ons glo en bely dat Jesus Christus, wat die einde van die wet is, deur sy uitgestorte bloed die verlossing en reiniging van die sondes van almal wat in Hom glo, bewerk het. Hy het die besnydenis, wat met die hand gedoen is, afgeskaf en die doop ingestel om ons te reinig en te was van alle vuilheid en ongeregtigheid, om ons in die nuwe mens te begrawe en op te wek, wat beteken dat ons met Hom gesterf en begrawe is en ook met Hom opgewek is.
Ons glo en bely dat ons Saligmaker Jesus Christus die sakrament van sy heilige nagmaal ingestel het om sy kerk te voed en te onderhou tot aan die einde van die wêreld. Hy het dit gedoen om vir ons 'n geestelike maaltyd te gee waardeur ons gevoed word met sy ware liggaam en bloed, om ons te verenig met Hom en om ons te laat deel aan al sy skatte en weldade.
Ons glo dat ons goeie God, omdat Hy die sondes en ongeregtighede van die mense verafsku, die burgerlike owerhede ingestel het, omdat Hy die wêreld deur wette en verordeninge wil regeer. Daarom het Hy die owerhede die swaard gegee om die kwaaddoeners te straf en die goeie te beskerm. Hulle taak is nie net om te sorg vir en te waak oor die burgerlike regering nie, maar ook om die hand te hou aan die heilige bediening om die lering van die evangelie en die suiwerheid van die godsdiens te handhaaf.
Ons glo dat ons Here Jesus Christus, wanneer die tyd wat Hy bepaal het, gekom het, sal kom van die hemel af met heerlikheid en majesteit, om almal te oordeel, sowel die lewendes as die dodes, wat Hy voor sy troon sal laat verskyn om 'n rekenskap te gee van hulle dade en gedagtes. Dan sal die gelowiges die ewige lewe ontvang en die goddelose die ewige straf. Ons wag op hierdie dag met groot verlangen om die volle openbaring van ons Here Jesus Christus te sien.