WELKOM BY DIE

Vrye Gereformeerde Kerk Johannesburg

'n Gemeenskap van Christene wat die Here aanbid en Hom liefhet, sy Woord bestudeer en sy Evangelie verkondig

Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!
Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here — 'n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die Here te loof.
Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
Ter wille van die huis van die Here onse God wil ek die goeie vir jou soek.

MEER OOR ONS

Oor ons

Wie ons is

Ons is 'n Gereformeerde Kerk, deel van die Vrye Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Ons is 'n behoudende kerk, wat die Bybel se leer bewaar en verkondig.

Wat ons Glo

Wat ons Glo

Ons glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, soos dit saamgevat word in die Drie Formuliere van Eenheid.

Nuus

Eredienste

Ons eredienste vorm die sentrale deel van ons aanbidding en kerklewe.

EREDIENSTE

SONDAG OGGEND

09:30 AM

SONDAG AAND

5:00 PM